# Suid-Afrika bied saam met hierdie week se G20-vergaderings, ook ‘n tweedaagse Media 20-beraad in Johannesburg aan. Die onafhanklike projek wil verseker media-integriteit en inligtingsekostelsels word in die G20-beleidsagenda weerspieël. Die beraad sal onderwerpe oor inligtings-integriteit aan G20-leiers uitlig. Joernaliste, kundiges en verteenwoordigers van die burgerlike samelewing bespreek uitdagings soos waninligting, afnemende media-inhoud en die beskerming van geloofwaardige inligting rondom wêreldwye kwessies soos klimaatsverandering en energie-oordrag. Die beraad sal beleidsvoorstelle ondersoek oor krimpende mediavryheid.
SA bied saam met G20-vergaderings hierdie week ook Mediaberaad aan