# Ryan Coogler se riller, Sinners, met Michael B. Jordan in die hoofrol, doen in sy tweede week na vrystelling steeds die beste by kaartjiekantore. Die fliek het reeds meer geld by Amerikaanse kaartjiekantore gemaak as Disney se Snow White. Star Wars: Episode III – Revenge of the Sith is tweede, gevolg deur Ben Affleck se The Accountant 2. Warner Bros. se film gebaseer op die videospeletjie, A Minecraft Movie, met Jack Black en Jason Momoa, is nou vierde en Sony se riller, Until Dawn, is vyfde.
Ryan Coogler se ‘Sinners’ is ’n loketsensasie