Skip to content

Rugby: Reeks oor Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning van 2023 verbeter M-Net-rekord

# Rugby: Die Springbokke se eenpunt-heldedade tydens 2023 se Wêreldbekertoernooi in Frankryk het verlede jaar gelei tot ‘n reeks wat die rekord verbeter het op M-Net. Die reeks van vyf episides, Chasing the Sun Two – A Story for South Africa, het die meeste kykers gehad vir DStv kanaal 101 se tradisionele fliekaand-gleuf om agt-uur op ‘n Sondagaand, en gewilde Hollywood-produksies en -programme oortref. Multichoice se uitvoerende hoof, Byron du Plessis, sê dis ‘n skitterende voorbeeld van hoe wêreldgehalte storie-vervaardiging diep in die harte van Suid-Afrikaners weergalm.