Skip to content

Rugby: Airlink onthul vliegtuig spesiaal getooi in groen vir toetsreeks tussen Bokke en All Blacks

# Rugby: Suid-Afrika se grootste streekslugdiens, Airlink, het ‘n Embraer E190-straler in groen getooi om sy rol as die amptelike binnelandse lugredery vir die toetsreeks tussen die Springbokke en die All Blacks te vier. Die vliegtuig is by Airlink se verfaanleg in Polokwane, Limpopo, oorgeverf en spog met die reeks se amptelike kenteken. Die uitvoerende hoof, De Villiers Engelbrecht, sê die vliegtuig sal die twee spanne tussen wedstryde vervoer en op belangrike binnelandse en streeksroetes gebruik word.