# ROTOCON het sy derde jaarlikse wynetiketkompetisie vir studente bekendgestel in samewerking met die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Sestig voorgraadse studente van die Departement van Visuele Kommunikasie, en die Fakulteit Kuns en Ontwerp neem aan die kompetisie deel. Studente moet vernuwende, hipermoderne wynetikette te ontwerp. Banie Stafford van ROTOCON sê die kompetisie toon hul belegging in jeug- en maatskaplike ontwikkeling deur kreatiwiteit te bevorder en nuwe inligting oor die bedryf en ervaring in etiket-ontwerp te deel. Die wenner word op 15 April aangekondig.
ROTOCON stel derde jaarlikse wynetiketkompetisie vir studente bekend