# Twee studente van die Rhodes-universiteit se departement Beeldende Kunste, Snelihle Maphumulo en Sarah Volker, is wenners van die Sasol New Signatures-kompetisie vir beeldende kunste. Die kompetisie bied ‘n wegspringplek vir opkomende visuele kunstenaars om nasionale blootstelling te verkry, bekragtig hulle as professionele kunstenaars en bied ‘n vastrapplek in die mededingende kunswêreld. Maphumulo het die Meriete-toekenning ontvang vir haar werk, Ngaphansi Kwesithunzi Sakhe, wat Onder Sy Skadu beteken en ‘n kragtige dialoog is met haar voorvaders. Volker se beeldhou-installasie, Taut, Tethered, and Torn, ondersoek die spanning tussen ‘n danser se liggaam en gees.
Rhodes Universiteit se Beeldende Kunste-studente blink uit op Sasol New Signatures-kompetisie