Skip to content

Rhodes-universiteit kondig ontvangers van 2025 Distinguished Alumni-toekennings aan

# Die visekanselier van die Rhodes Universiteit, professor Sizwe Mabizela, het die ontvangers van die gesogte Distinguished Alumni-toekenning vir 2025 aangekondig. Hulle is professor Michael Davies-Coleman, bekend vir sy navorsing in bio-chemie, John Donald, bekende in Suid-Afrikaanse sportadministrasie-kringe, ‘n vooraanstaande leier in die land se motorbedryf, Billy Eric Tom, en die huidige hoof en visekanselier van Robert Gordon Universiteit in Skotland, professor Steve Olivier. Mabizela sê die individue het beduidend tot hul onderskeie velde bygedra en die universiteit se akademiese uitnemendheid en leierskap-nalatenskap gehandhaaf.