Skip to content

Restaurant in China bied drukkies met leeuwelpies saam met middagtee aan

# Teetyd-plesier in China sluit nou drukkies met leeuwelpies in tydens ‘n viergang-middagete in ‘n restaurant in die noorde. Gaste word in aanlyn video’s en foto’s op Chinese kletsplatforms gesien waar hulle welpies soos baba’s op hulle skoot vashou. Die Wanhui-restaurant het in Junie oopgemaak en verkoop sowat 20 kaartjies per dag aan gaste wat drukkies met diere wil geniet as deel van ‘n vaste spyskaart van ongeveer twee-duisend-700-rand. Aanlyn kommentaar is hoofsaaklik krities en sê die onderneming is gevaarlik en nie goed vir die diere nie.