# Infrastructure South Africa sê die land het te kampe met ‘n finansieringsgaping van 1,6-duisend-miljard-rand vir groot infrastruktuurprojekte. Die hoof van Infrastructure South Africa, Mameetse Masemola, het by die Volhoubare Infrastruktuurontwikkelingsimposium Suid-Afrika, wat tans in Kaapstad aan die gang is, gesê munisipaliteite het finansiering nodig om verouderende water-, elektrisiteit-, pad- en afvalinfrastruktuur aan te spreek. […]
# Die studente-skarefinansieringsorganisasie Feenix verwelkom die Parlement se steun vir ‘n aanbeveling deur die Openbare Beskermer dat universiteite die terughouding van graadsertifikate weens studenteskuld moet heroorweeg. Dit volg na ‘n verslag dat meer as 188-duisend teruggehoude sertifikate verbind kan word met 55-miljard-rand se skuld, en administratiewe mislukkings by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die […]
# Die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig hy is in die duister gelaat en het nie genoeg geleentheid gehad om sy regspan se betoë ten volle te oorweeg nie. Matlala het voor die kommissie verskyn nadat hy voorheen geweier het om vrae te beantwoord oor die SAPD Medicare24-tender van 228-miljoen-rand. […]
# Die saak van vyf beskuldigdes wat verbind word met ‘n beweerde dwelmvervaardigingsaanleg van 600-miljoen-rand in Musina, Limpopo, is tot Vrydag uitgestel om verdere ondersoeke toe te laat en ‘n Spaanse tolk te vind. Die beskuldigdes sluit in twee Mexikaanse burgers, twee Zimbabwiërs en ‘n Malawiese burger. Hulle is in hegtenis geneem tydens ‘n operasie […]
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, eis die terugbetaling van die 13-miljoen-rand wat aan die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging toegeken is vir die implementering van die video-assistent-skeidsregter. McKenzie sê Safa het nie daarin geslaag om hierdie seisoen VAR in te stel nie, al het hy die fondse ontvang wat bedoel was om […]
# Controversial businessman Vusimuzi “Cat” Matlala has told the Madlanga Commission that he remains in the dark and has not had sufficient opportunity to fully consider his legal team’s arguments. Matlala appeared at the Madlanga Commission after previously declining to answer questions related to the 228-million-rand SAPS Medicare24 tender. Commission chairperson Mbuyiseli Madlanga rejected advocate […]
# Die leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, sê die ANC kan nie vertrou word om sukkelende munisipaliteite te herstel wat hyself toegelaat het om in duie te stort nie. Hy glo nie die ANC se belofte om munisipaliteite binne 100-dae om te keer en kritieke vakatures binne 120-dae te vul nie. Hill-Lewis sê die […]
# DA leader Geordin Hill-Lewis says the ANC cannot be trusted to fix the struggling municipalities it has allowed to collapse. According to Hill-Lewis, the ANC’s promises to turn municipalities around within 100 days and fill critical vacancies within 120 days lack credibility. He states the DA would focus on better management, fighting corruption, protecting […]
# Die Departement van Korrektiewe Dienste betwis bewerings dat Vusimuzi “Cat” Matlala se regspan nie genoeg tyd vir raadpleging gehad het nie. ‘n Getuienisleier van die Madlanga-kommissie, Alida Hassim, het korrespondensie voorgelees wat aandui die prokureurs het drie dae lank raadplegings gevoer. Sy prokureur, Fatima Missi, sê toegang is beïnvloed deur Korrektiewe Dienste se prosesse. […]