# AfriForum plans to oppose Eskom’s proposed average electricity tariff increase of about 8.8-percent for 2027/2028. The organisation will submit formal objections to the energy regulator, Nersa, arguing that consumers should not have to pay for unnecessary or inefficient costs. AfriForum’s Morné Mostert says consumers are already struggling with rising living costs and high electricity […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-unie doen ‘n beroep op ‘n onmiddellike ondersoek na berigte oor Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaglede in Kuba. Hulle is na bewering gevra om vrywillige betalings van tot 15-duisend-rand uit hul toelaes te maak om behoeftige Kubaanse burgers te help. Pikkie Greeff van die SANWU vra vir ‘n ondersoek om vas te stel […]
# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie sê swak infrastruktuur by die Rooigrond-korrektiewe sentrum naby Mahikeng in Noordwes plaas gevangenisveiligheid in gevaar. DIt volg na die ontsnapping van ‘n gevangene. Die vakbond sê die fasiliteit ondervind lank reeds probleme, insluitend oorbevolking, watertekorte en beskadigde infrastruktuur. Popcru se provinsiale sekretaris, Johannes Dire, vra vir ‘n dringende ondersoek, herstelwerk […]
# AfriForum beplan om Eskom se voorgestelde gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging van ongeveer 8,8-persent vir 2027/2028 teen te staan. Die organisasie gaan formele besware by die energiereguleerder, Nersa, indien, en sê verbruikers moet nie vir onnodige of ondoeltreffende koste betaal nie. Morné Mostert van AfriForum sê verbruikers sukkel reeds met stygende lewenskoste en hoë elektrisiteitspryse, terwyl ondernemings […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging verdedig sy besluit om die voormalige transito-rooftog-oortreder Themba “SkeemGP” Nzimande as sy burgemeesterskandidaat vir die Stad Ekurhuleni aan te wys. Die aankondiging het hewige openbare kritiek ontlok. Die nasionale woordvoerder, Sidney Baloyi, sê die besluit is gegrond op die beginsels van herstellende geregtigheid en die oortuiging dat mense kan verander. Hy […]
# Suid-Afrika se 21ste jaarlikse Nasionale Parke-week vind van vandag af tot 13 September plaas. Suid-Afrikaners kry gedurende dié week gratis dagtoegang tot deelnemende nasionale parke. Die aanbod sluit onder meer die Krugerwildtuin in Limpopo en Mpumalanga, die Weskus Nasionale Park in die Wes-Kaap en die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap in. Die minister […]
# Die Departement van Korrektiewe Dienste soek na ‘n gevangene wat uit die Rooigrond Maksimum Korrektiewe Sentrum naby Mahikeng in Noordwes ontsnap het. Edward Khomotso Madiba het glo gister deur ‘n seldeur gesny om te ontsnap. Singabakho Nxumalo van die Departement sê agt amptenare kan moontlik geskors word terwyl die ondersoek na die ontsnapping voortduur. […]
# Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitsopwekking het in Julie met 7,9-persent afgeneem, terwyl kragverbruik met 2,6-persent gedaal het. Seisoensaangepaste opwekking was 0,4-persent laer as in Junie. Kragverspreiding het egter vergeleke met Junie met 0,3-persent toegeneem. Tsholofelo Ditinti van Statistiek SA sê elektrisiteitsopwekking het oor die drie maande tot einde Julie met 1,3-persent afgeneem, terwyl die verspreiding […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê beduidende vordering is gemaak met die herstel van vloedbeskadigde infrastruktuur in die Krugerwildtuin. Hy het amptelik die herboude leivore op die pad tussen Skukuza en Laer-Sabie in Mpumalanga in gebruik gestel en die nuwe Letaba-hoogwaterbrug in Limpopo geopen. Maynier sê die projekte sal […]