# Die Gautengse Departement van Gesondheid versterk toegang tot lewensreddende orgaanoorplantingsdienste by die provinsie se akademiese hospitale. Die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal het tussen 2021 en vanjaar 125 ontvangers van nier- en leweroorplantings aangeteken, terwyl Steve Biko Akademiese Hospitaal 31 nieroorplantings aangeteken het. Steve Mabona van die Departement doen ‘n beroep vir orgaanskenking en moedig […]
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het vandag ‘n omvattende opdatering verskaf oor belangrike provinsiale regeringsprogramme. Dit spreek misdaadstatistieke, hoëprofiel-geslagsgeweldsake, openbare gesondheidsinisiatiewe en anti-korrupsiemaatreëls aan. Hy het die ontdekking van agt vroueliggame in Ekurhuleni betreur. Lesufi sê kontakmisdade het met drie-persent in die eerste kwartaal afgeneem, met Operasie Shanela wat resultate gelewer het. Hy […]
# Die Johannesburgse Metropolisie-departement sê die liggame van agt vroue wat in Kemptonpark en die omliggende Ekurhuleni-gebied in Gauteng gevind is, bevestig geslagsgeweld is ‘n nasionale krisis wat munisipale grense oorskry. Woordvoerder, Xolani Fihla, sê die departement is op hoë gereedheidsvlak, veral op grensgebiede, by openbare vervoerpunte en afgesonderde plekke, terwyl voet- en voertuigpatrollies ook […]
# ‘n Ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n bedrieglike grondskema van 58-miljoen-rand blootgelê wat verband hou met die oordrag van 208 munisipale erwe in Villa Liza naby Boksburg. Die ondersoek het bevind die erwe is tussen 2018 en 2022 sonder goedkeuring van die raad aan privaat individue oorgedra met vervalste belastingklaringsertifikate en volmagdokumente. Die […]
# A Special Investigating Unit investigation has uncovered a 58-million-rand fraudulent land scheme involving the transfer of 208 Ekurhuleni municipal stands in Villa Liza near Boksburg. The investigation found the properties were transferred to private individuals between 2018 and 2022 without council approval, using allegedly forged rates clearance certificates and powers of attorney. SIU head […]
# Die polisie het soek na die voormalige SABC-sportaanbieder en sakeman Owen Ndlovu, wat na bewering voor ‘n kerk in Katlehong aan die Gautengse Oos-rand ontvoer is. Die polisie sê Ndlovu het sy vrou opgelaai toe drie gewapende mans die egpaar nader. Sy vrou is eenkant toe gestamp voordat die verdagtes Ndlovu in sy Ford […]
# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke vra dringende optrede om vroue te beskerm na die ontdekking van agt vermoorde vroue aan die Gautengse Oos-rand oor ‘n tydperk van twee maande. Hoofsekretaris, eerwaarde Mzwandile Molo, het aan die SABC gesê die sterfgevalle in Kemptonpark, Olifantsfontein en Springs het vrees en woede ontketen. Hy dring aan op […]
# Gauteng Premier Panyaza Lesufi today provided a comprehensive update on key provincial governance programmes, touching on crime statistics, high-profile gender-based violence cases, public health initiatives, and anti-corruption measures. He express sadness over the discovery of eight women’s bodies in Ekurhuleni. Lesufi says contact crimes declined by 3-percent in the first quarter, with Operation Shanela […]
# Die DA in Gauteng sê bome en takke wat die Hartbeesspruit in Tshwane versper, skep ‘n veiligheidsgevaar vir eiendomme op sy oewers. Die DA-lid, Leanne de Jager, sê die opgehoopte puin versper die natuurlike vloei van die water, wat veroorsaak dat die spruit van sy normale vloei afwyk en die oewers wegkalf. Sy sê […]