# Die Stad Tshwane sê hy gaan ʼn lotery gebruik om 913 deelnemers vir sy Gata Le Nna Uitgebreide Openbarewerkeprogram te kies. Dit volg na ʼn tekort van 178 deelnemers in die keuringsproses wat in die huidige boekjaar se tweede kwartaal uitgevoer is. Die twee loterye bring die totale aantal gekose deelnemers op meer as ʼn duisend te staan. Die metro-woordvoerder, Lindela Mashigo, sê weens begrotingsbeperkings sal suksesvolle aansoekers in die 2026/2027-boekjaar ʼn sesmaande-kontrak aangebied word:
Tshwane gaan 913 Gata Le Nna-deelnemers deur loterystelsel kies [KLANK]
ENG MashigoONLottery