# The DA has announced that it will launch its 2026 local government election manifesto in Johannesburg on 8 August. According to the party, the city was chosen because the party believes poor governance has left Johannesburg in decline and that voters have an opportunity to change this at the ballot box on 4 November. […]
# Die DA gaan sy manifes vir die plaaslike regeringverkiesing op 8 Augustus in Johannesburg bekendstel. Die party sê die stad is gekies omdat hulle glo Johannesburg is vervalle gelaat as gevolg van swak bestuur, en kiesers kry die geleentheid om dit op 4 November by die stembus te verander. Woordvoerder Werner Horn sê party-leier […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê krioterapiedienste is hervat by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal nadat die toevoer van vloeibare stikstof herstel is. Die drie maande lange ontwrigting het die behandeling vertraag van ongeveer 720 pasiënte met sekere veltoestande, insluitend sommige velkankers. Steve Mabona van die Departement sê die hospitaal prioritiseer nou pasiënte […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het opdrag gegee dat die verdedigingsadvokaat Nardus Grove, wat beskuldigde nommer twee, Tiego Floyd Mabusela, verteenwoordig in die Vusimuzi Matlala-saak, nie stilfoto’s mag gebruik in die staatsgetuie Bethwell Cele se kruisondervraging nie. Die voormalige veiligheidswag getuig in die saak oor die beweerde poging tot moord op die taxibaas Joe Sibanyoni […]
# Die vakbond FAWU veroordeel wat hy beskryf as die bestuur van die Parktonian Hotel in Braamfontein, Johannesburg, se voortgesette aanslag op werknemers se regte. Vakbondlede het met ‘n beskermde staking begin en beskuldig die hotel dat hy sy werknemers se diensvoorwaardes eensydig verander het. Edwin Mabowa van FAWU sê die geskil handel oor onbetaalde […]
# Die Gautengse regering is verkies tot visepresident van ‘n wêreldwye netwerk van subnasionale regerings wat klimaatsake, bioverskeidenheid en volhoubare ontwikkeling aanvuur, Africa of Regions4. Die aanstelling is tydens die netwerk se algemene vergadering bevestig. Die Gautengse LUR vir Omgewingsake, Ewan Botha, sê die rol sal Afrika se stem in wêreldwye klimaatbesprekings versterk, toegang tot […]
# Die Ahmed Kathrada-stigting verwelkom die Hooggeregshof in Johannesburg se bevel vir die beslaglegging op 326-miljoen-rand se bates van die Hangwani Maumela-sindikaat, maar sê dis nie genoeg nie. Woordvoerder Anele Gcwabe vra die Nasionale Vervolgingsgesag om almal betrokke by die beweerde korrupsieskandaal van twee-miljard-rand in die Tembisa-hospitaal in Gauteng strafregtelik te vervolg, en betrokke ondernemings […]
# The High Court in Johannesburg has ruled that defense lawyer Advocate Nardus Grove, representing accused number two, Tiego Floyd Mabusela at the Vusimusi Matlala trial, may not use still photographs taken to cross-examine State witness Bethwell Cele. The former security guard is testifying in the attempted murder trial linked to the 2022 shooting of taxi […]
# Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het onskuldig gepleit op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery aan die begin van haar verhoor in die Hooggeregshof in Pretoria. Dit hou verband met bewerings dat sy tussen 2014 en 2021 tydens haar termyn as minister van Verdediging omkoopgeld van 4,5-miljoen-rand gevra […]