Skip to content

OPOD arresteer Honeydew-polisiebeampte weens beweerde seksuele misdrywe [KLANK]

# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het ’n 49-jarige polisiesersant, verbonde aan die Honeydew-SAPD in Johannesburg, in hegtenis geneem in verband met beweerde seksuele misdrywe teen ’n vroulike familielid. OPOD-woordvoerder Lizzy Suping sê die slagoffer was 14 jaar oud ten tyde van die beweerde misdrywe. Sy het by haar tannie – wat met die verdagte getroud is – gewoon nadat sy albei haar ouers verloor het. Volgens Suping het die beweerde misdrywe tussen 2022 en Oktober 2024 plaasgevind:



ENG SupingONViolence