# Die regering sê hy het noodoproepe ontvang om 17 Suid-Afrikaanse mans te help om terug te keer huis toe nadat hulle in die oorloggeteisterde Donbas-streek in Oekraïne vasgekeer is. Die mans, tussen 20 en 39 jaar, is met lonende kontrakte gelok om by huursoldaatmagte in die Oekraïne/Rusland-konflik aan te sluit. Sestien van die mans is van KwaZulu-Natal en een van die Oos-Kaap. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die regering veroordeel die uitbuiting van jong, kwesbare mense: