# Die Nasionale Vervolgingsgesag in Gauteng het die vonnisse verwelkom wat opgelê is aan die voormalige Zimbabwiese president, wyle Robert Mugabe, se seun Bellarmine Mugabe en sy medebeskuldigde, Tobias Matonhodze. Die Alexandra-landdroshof het Mugabe tot 24-maande tronkstraf of ‘n boete van 600-duisend-rand gevonnis vir vuurwapen- en immigrasie-oortredings. Sy neef Matonhodze is drie jaar tronkstraf opgelê vir poging tot moord. Dit hou verband met ‘n skietery in Hyde Park in Februarie. NVG-woordvoerder Magaboke Mohlatlole sê hulle wens die vervolgingspan geluk met die suksesvolle vervolging:
NVG verwelkom die suksesvolle vervolging van Mugabe en Matonhodze [KLANK]
ENG MohlatloleOnCase