# Rand Mutual Assurance sê die Suid-Afrikaanse ekonomie is onder druk as gevolg van die 30 persent-tarief op goedere wat na die VSA uitgevoer word. Volgens die jongste makro-ekonomiese ontleding deur die multi-nasionale rekeningkundige reus EY, kan die land tot 100- duisend werksgeleenthede verloor. Gopolang Peme van RMA sê verminderde wêreldwye vraag, ontwrigtings in die voorsieningsketting en gespanne handelsverhoudinge met sleutelvennote kan ‘n domino-effek op Suid-Afrika se sektore hê wat swaar op uitvoere steun, insluitend mynbou en motorvoertuie.
Rand Mutual Assurance sê die Amerikaanse tariewe plaas reuse-druk op die SA ekonomie