# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het rampbestuurspanne op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas namate ‘n kouefront oor die land beweeg. Temperature sal na verwagting skerp daal, met ligte sneeu wat oor die Drakensberge voorspel is. Stappers word gewaarsku om die berge te vermy. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, het motoriste gevra om versigtig te ry in die nat en koue toestande, en boere aangeraai om hul vee in skuilings te hou:
Rampspanne in KZN op hoë gereedheidsgrondslag met temperature wat drasties daal [KLANK]
ENG MzilaOnHighAlert