Skip to content

Ramaphosa wys minister Mantashe as waarnemende president aan

# President Cyril Ramaphosa het die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, as waarnemende president aangewys tot Donderdag. Ramaphosa en ‘n afvaardiging is op pad na Amerika, waar hy Woensdag met president Donald Trump in die Withuis sal vergader om globale en bilaterale kwessies te bespreek. Dit volg op Trump se bewerings oor grondbesettings en die behandeling van Afrikaners, en sy aanbod om hulle in Amerika te hervestig. Adjunkpresident Paul Mashatile is op ‘n amptelike besoek aan Frankryk.