Skip to content

Ramaphosa vra sterker vennootskap tussen SA en Namibië [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Namibië moet hul samewerking versterk om ekonomiese groei en gedeelde ontwikkeling te bevorder. Hy en die Namibiese president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, was medevoorsitters van die vierde bi-nasionale kommissie in Pretoria. Ramaphosa het Namibië beskryf as Suid-Afrika se suster-nasie, gebind deur ‘n gedeelde vryheidstryd. Hy sê die sukses van die kommissie sal gemeet word deur bestaande ooreenkomste in te stel om streeksvoorspoed, bestendigheid en samewerking te bevorder:

ENG-RamaphosaOnNamibia