Skip to content

Ramaphosa sê werksgeleenthede in motorvervaardiging moet beskerm word te midde van Amerikaanse tariewe

# President Cyril Ramaphosa sê die beskerming van bestaande werksgeleenthede in die motorvervaardigingsektor is van die grootste belang, veral in die lig van die dreigende Amerikaanse tariewe van 30-persent vanaf Vrydag. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief strenger regulasies oor die vrystelling van uitlaatgasse en die verwagte tariewe sal ‘n beduidende uitwerking op die sektor hê. Ramaphosa sê die plaaslike motorbedryf doen daarom die nodige belegging om veerkragtigheid te bou, werksgeleenthede te beskerm en die weg te baan na ‘n nuwe era van groen beweeglikheid.