Skip to content

Ramaphosa sê verslag onthul R197-miljoen se onreëlmatige besteding in die Oos-Kaap [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa het kommer uitgespreek oor die Oos-Kaap se finansiële bestuur. Dit volg op ’n verslag van die ouditeur-generaal wat 197-miljoen-rand in onreëlmatige besteding aan die lig gebring het. Ramaphosa het in Nelson Mandelabaai aan provinsiale leiers gesê 30 daadwerklike onreëlmatighede is aangeteken, met 13 wat steeds nie opgelos is nie. Hy erken vordering met skoon oudits en verbeterde finansiële verslaggewing, maar beklemtoon dat die wanbestuur van openbare fondse steeds ontwikkeling ondermyn:

ENG RamaphosaOnIrregularities