Skip to content

Ramaphosa sê toenemende beleggings in hernubare energie skep nuwe geleenthede

# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se Billike Energie-oordrag kry momentum, met skoon energie-beleggings wat bevorder word vanuit die buiteland en deur plaaslike firmas. Volgens Statistiek Suid-Afrika het hernubare energie in 2016 slegs twee-persent van plaaslik opgewekte elektrisiteit uitgemaak. Hierdie syfer het in 2024 tot nege-persent gestyg. By vanjaar se Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie is meer as 50-miljard-rand in groen-energie-beleggingsbeloftes aangekondig. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa die lok van beleggings in skoon energie is belangrik vir die land se klimaatsvoornemens, inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping.