# President Cyril Ramaphosa het Sasol se bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie geprys en die maatskappy se rol in die ondersteuning van industrialisering, energiesekerheid, vervaardiging, infrastruktuurontwikkeling en werkskepping beklemtoon. Hy het gister Sasol se Secunda-aanleg in Mpumalanga besoek, waar ongeveer 35-miljoen-ton plaaslik ontginde steenkool elke jaar verryk word. Dit is om ‘n wye reeks brandstof- en chemiese produkte te vervaardig wat sleutelsektore van die ekonomie ondersteun. Ramaphosa het ook die maatskappy se vennootskappe met klein en mediumgrootte ondernemings geprys:
Ramaphosa sê Sasol lewer ‘n groot bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie [KLANK]
ENG RamaphosaOnSasol