Skip to content

Ramaphosa sê R230-miljard-belegging deur EU sal inklusiewe en volhoubare groei ondersteun

# President Cyril Ramaphosa sê nuwe beleggings van die Europese Unie sal inklusiewe en volhoubare groei in Suid-Afrika ondersteun. Die EU het meer as 230-miljard-rand belowe aan projekte vir skoon energie, groen waterstof, hernubare energie, en noodsaaklike minerale en entstowwe. Die befondsing sal werksgeleenthede skep, plaaslike mineraalverwerking en groenwaterstofproduksie ondersteun en paaie, hawens en digitale verbindings verbeter. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa hierdie beleggings sal Suid-Afrika se oorskakeling na ‘n lae-koolstof-ekonomie ondersteun, werkers en gemeenskappe beskerm, en verdere beleggings werf.