# President Cyril Ramaphosa sê die hervorming van Suid-Afrika se landbousektor is noodsaaklik vir ekonomiese hervorming en voedselsekerheid. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die regering sal deur sy Proaktiewe Grondverkrygingstrategie ongeveer 2,5-miljoen hektaar staatsgrond aan swart boere beskikbaar stel en van titelaktes voorsien. Hy sê bekostigbare befondsing is noodsaaklik vir opkomende handelsboere om suksesvolle ondernemings op te bou. Ramaphosa voeg by die landbousektor hou groot moontlikhede in vir groei en werkskepping.
Ramaphosa sê hervorming van landbousektor is noodsaaklik vir ekonomie en voedselsekerheid