# President Cyril Ramaphosa sê te midde van wêreldwye ekonomiese onsekerheid is dit belangriker as ooit dat Suid-Afrika sy handel- en beleggingsbande diversifiseer. Die president was verlede week op ʼn staatsbesoek aan Indonesië, Maleisië en Viëtnam. In 2024 was die gesamentlike handelswaarde tussen Suid-Afrika en hierdie drie lande 83-miljard-rand. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die lande het ooreengekom om saam te werk om vrede en sekuriteit, klimaatsoptrede en volhoubare ontwikkeling na te streef.
Ramaphosa sê dis belangrik dat Suid-Afrika sy handelsbetrekkinge diversifiseer