Skip to content

Ramaphosa loof verstewiging van vennootskap tussen Suid-Afrika en Kenia [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa het die verstewigende vennootskap tussen Suid-Afrika en Kenia geloof en die vordering benadruk wat gemaak is deur die gesamentlike handelskomitee en die Afrika-vryhandelsgebied. Hy het tydens samesprekings met sy Keniaanse ampsgenoot, William Ruto, in Pretoria die samewerking in sekere sektore verwelkom, insluitend groen energie, digitale handel, kunsmatige intelligensie, e-beweeglikheid en vaardigheidsontwikkeling. Ramaphosa sê toenemende handel skep geleenthede vir ekonomiese groei en jeugbemagtiging:

ENG-RamaphosaOnKenyaPartnership