Skip to content

Ramaphosa is in Japan om sterker bande tussen Afrika en Japan te smee

# President Cyril Ramaphosa lei ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging in Japan wat aan die negende Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkelingsberaad sal deelneem. Die beraad, wat môre in Yokohama begin, sal fokus op innovering, handel, vrede en stabiliteit. Suid-Afrika sal Japan se steun vra vir infrastruktuur, gesondheid, en sekerheid as deel van Agenda 2063. Woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Japan is reeds ‘n belangrike vennoot, met meer as 90-miljard-rand wat in Suid-Afrika belê is en meer as 150-duisend werkgeleenthede plaaslik skep.