# President Cyril Ramaphosa gaan vanmiddag aan ‘n virtuele BRICS-leiersberaad deelneem. Die geleentheid is onder leiding van Brasilië se president, Luiz Inácio Lula da Silva. Die Presidensie sê dit bied ‘n platform vir leiers om wêreldsake te bespreek, veral met die klem op die huidige ekonomiese omgewing en die toestand van multi-laterale stelsels. Die beraad volg op die vergadering wat in Julie in Rio de Janeiro plaasgevind het. Vandag se vergadering sal fokus op BRICS se rol om dialoog te bevorder en op samewerking en volhoubare globale bestuur.
Ramaphosa gaan vandag aan virtuele BRICS-leiersberaad deelneem