# Nasionale Ordes gaan volgende week aan 38 ontvangers toegeken word. Dis die hoogste eer wat Suid-Afrika toeken aan landsburgers en gesiene buitelandse burgers wat bydra tot die bevordering van demokrasie en die lewens van landsburgers verbeter. Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, ontvang die Orde van Ikhamanga in Goud vir sy besielende leierskap in rugby. Professor Salim Abdool Karim gaan die Orde van Mapungubwe in Goud ontvang vir sy bydrae tot mediese wetenskap en openbare gesondheid. Ander ontvangers sluit in Adele Kirsten, Wouter Kellerman en Cherif Keita van Mali.
Ramaphosa gaan Nasionale Ordes aan 38 ontvangers toeken, onder andere Rassie Erasmus en professor Salim Karim