Skip to content

Ramaphosa besoek Indiensnemingstimulus-programme vir die jeug

# President Cyril Ramaphosa sal vandag belangrike Presidensiële Indiensnemingstimulus-programme vir die jeug in Pretoria besoek. Die president sal met begunstigdes van die Sefako Makgatho Primary School, die South African Creative Industries Incubator en die Stigting vir Professionele Ontwikkeling gesels. Die besoek beklemtoon suksesvolle openbare-privaat vennootskappe wat gehalte jeugwerk en vaardigheidsopleiding bied. Hierdie besoeke is deel van die Presidensiële Indiensnemingstimulus om werkloosheid aan te pak en die jeug met die nodige vaardighede toe te rus om die arbeidsmark te betree.