# Qatar Airways is vir ‘n rekord negende keer as die wêreld se beste lugredery aangewys op die Skytrax World Airline-toekennings, bekend as die Oscars van die lugvaartwêreld. Qatar is ook aangewys as die beste lugredery in die Midde-Ooste, die lugdiens met die wêreld se beste besigheidsklas en die beste besigheidsklas-sitkamer. Die vyfmalige wenner van die wêreld se beste lugredery-toekenning, Singapore Airlines, is tweede met die Hongkongse redery Cathay Pacific derde. Ethiopian Airlines is die sewende keer die beste lugredery in Afrika.
Qatar Airways is die wêreld se beste lugdiens en Ethiopian Airlines die beste in Afrika