# KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, stel vandag prins Mangosuthu Buthelezi se rusplek as ʼn provinsiale erfenisterrein bekend. Buthelezi was die stigter van die IVP en een van die Nasionale Vergadering se lede met die langste dienstydperk. Hy is in September 2023 op 95-jarige leeftyd dood. Hy was ook meer as ses dekades die tradisionele Zoeloe- eerste minister. Ntuli sê die bekendstelling is die begin van ʼn driejaar-projek om Buthelezi se ryke nalatenskap te bewaar.
Prins Mangosuthu Buthelezi se graf in KZN word as erfenisterrein bekendgestel