Skip to content

Prins Harry lê verrassingsbesoek aan Oekraïne af om oorlogslagoffers te ontmoet

# Prins Harry het oorlog-slagoffers in Oekraïne ontmoet toe hy ‘n kliniek besoek het waar gewonde militêre personeel en burgerlikes gerehabiliteer word. Hy is vergesel deur ‘n groep van die Invictus-spele, insluitend vier veterane wat deur ‘n soortgelyke rehabilitasieproses is. Die stad Lviv word gereeld deur Russiese missiele geteiken en die besoek is eers aangekondig nadat die prins uit die land was. Harry was vir tien-jaar in die Britse Leër en het die Invictus-spele in 2014 gestig sodat gewonde veterane aan sportbyeenkomste kan meeding.