Skip to content

President Ramaphosa sê Suid-Afrika se verwydering van die gryslys is ‘n goeie teken vir die ekonomie

# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys is ‘n goeie teken vir die integriteit en reputasie van die land se finansiële stelsel. In 2023 is Suid-Afrika op die gryslys geplaas omdat hy nie aan sekere internasionale standaarde voldoen het nie. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa die land se verwydering van die gryslys toon dat die teen-geldwasserystelsel sukses behaal teen korrupsie en ander finansiële misdade. Hy sê daar is nog baie werk wat gedoen moet word om finansiële misdaad te verminder en te voorkom.