# President Cyril Ramaphosa woon vandag ʼn aanbieding by BMW se fabriek in Rosslyn, Pretoria, by waar die nuwe BMW X3 hibriede elektriese voertuig bekendgestel word. Die geleentheid se tema is, Lei vandag, maak môre moontlik. Die presidensie sê die geleentheid vertoon die aktiewe vennootskap tussen die bedryf en die regering wat noodsaaklik is om vernuwing te bevorder, werk te skep en volhoubare groei in Suid-Afrika se motorbedryf moontlik te maak. Hy sê die BMW-groep het in April ‘n verdere belegging in sy bedrywighede by die Rosslyn-aanleg aangekondig.
President Ramaphosa besoek vandag BMW se fabriek in Pretoria