# Die Presidensiële Klimaatkommissie sê terwyl Suid-Afrikaanse klimaatfinansieringsvloei ‘n positiewe opwaartse neiging toon, moet beleggings ten minste twee- tot drievoudig toeneem om aan beleggingsbehoeftes te voldoen. Binnelandse bronne dra byna 60-persent van die totale klimaatfinansiering by, terwyl internasionale klimaatfinansieringsbronne die ander 40-persent bydra. Die kommissie sê energie oorheers klimaatbeleggings, met ‘n jaarlikse gemiddelde van 139,5-miljard-rand, hoofsaaklik in hernubare energie-elektrisiteitsopwekking, en 89-persent van versagtingsfinansiering. Hy voeg by dat die verskaffing van duidelike en stabiele beleidsriglyne vir klimaatbeleggings nodig is.
Presidensiële Klimaatkommissie sê SA benodig duidelike en bestendige beleidsriglyne vir klimaatsbeleggings