# Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan Silicon Valley in Kalifornië volgende week het niks met die land se onenigheid met Amerika te doen nie. Hy sal ʼn hoëvlak-afvaardiging lei om insig te kry in die wêreldwye ekostelsel van kunsmatige intelligensie. Die besoek volg enkele weke nadat Amerika aangekondig het Suid-Afrika word uitgesluit van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa sal nie Washington aandoen nie, maar president Donald Trump sal ingelig word oor sy besoek.
Presidensie sê Ramaphosa se besoek aan Silicon Valley het niks te doen met diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en Amerika nie