Skip to content

Presidensie sê Chery International se verkryging van Nissan se Rosslyn-aanleg ondersteun werkskepping

# Adjunkpresident Paul Mashatile lewer vandag die hoofrede by Chery International Factory se verkrygingsviering in Tshwane. Dit volg na die Mededingingstribunaal se goedkeuring dat hy Nissan Suid-Afrika se voertuigaanleg in Rosslyn, Gauteng, koop. Die ooreenkoms baan die weg vir Chery om vir die eerste keer voertuie in die land te vervaardig ná Nissan se besluit om voertuigvervaardiging daar te staak. Die Presidensie sê Chery International se verkryging is ʼn betekenisvolle oorgang in eienaarskap en ondersteun ekonomiese groei, werkskepping en plaaslike vervaardiging.