Skip to content

Presidensie bevestig Ramaphosa gaan Afrika-ontwikkelingsberaad in Japan bywoon

# Die Presidensie het aangekondig president Cyril Ramaphosa gaan volgende maand die negende Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling in Yokohama, Japan, bywoon. Die tema vanjaar is, Mense, die Planeet en Voorspoed in ‘n Veranderende Wêreld, en dit word bygewoon deur meer as 20 Afrika-leiers, internasionale finansiële instellings en bilaterale vennote, insluitend G7, G20, BRICS en filantropiese organisasies. Die konferensie word aangebied deur Japan, die Verenigde Nasies, die Wêreldbank en die Afrika-Unie. Die Presidensie sê dis ‘n belangrike forum vir Afrika-ontwikkeling, ekonomiese hervorming, vernuwing en universele gesondheidsdekking.