# Die plastiekherwinningsorganisasie, Polyco, sê die bemagtiging van jong mense deur herwinning en afvalbestuur is die antwoord om jeugwerkloosheid te beveg en ‘n groener omgewing te bou. Die organisasie sal hierdie maand se Groen Jeugindaba in Durban, KwaZulu-Natal, bywoon om jeugontwikkeling te ondersteun. Chantal Philander van Polyco glo die afval- en herwinningsektor bied daadwerklike geleenthede vir vaardigheidsontwikkeling, entrepreneurskap, en klimaatsoptrede: