Skip to content

Polisielede en grensamptenare op Vrystaatse grenspos aangekeer

# Drie amptenare van die Grensbestuursowerheid en vyf polisielede is onder elf verdagtes wat op die Van Rooyenshek-grenspos tussen die Vrystaat en Lesotho aangekeer is vir korrupsie en oortreding van die Wet op Immigrasie. Amptenare en burgerlikes het na bewering burgers van Lesotho gehelp om die grens onwettig oor te steek. Die owerheid se kommissaris, Michael Masiapato, sê hulle sal nie toelaat dat korrupsie grenssekerheid en integriteit ondermyn nie.