# Die polisie sê die ondersoek na ‘n besending kokaïen ter waarde van ongeveer 28-miljoen-rand gaan voort om diegene betrokke by die poging te identifiseer en aan te keer. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die besending van 95-kilogram kokaïen wat Vrydag op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Ekurhuleni, aangekom het op ‘n vlug vanaf São Paulo, Brasilië, is onmiddellik onderskep. Sy sê niemand is tot dusver gearresteer nie:
Polisie gaan voort om georganiseerde misdaadnetwerke betrokke by dwelmhandel vas te vat [KLANK]
ENG MatheONDrugTrade