# Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging doen ‘n beroep op die onttrekking van die korting op die jaarlikse invoerkwota van 72-duisend-ton hoender uit die VSA. Dit volg op die aankondiging dat Suid-Afrika van Januarie voorkeurhandelstoegang ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika sal verloor. Die vereniging beplan om met die regsspan van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sowel as die Nasionale Tesourie in gesprek te tree ten einde ‘n formele onttrekking van die toegewing te verkry.
Pluimveevereniging vra die Amerikaanse hoenderinvoer-korting moet onttrek word