Skip to content

Plaaslike handwerk-geesdriftiges dryf handel in Galleria-winkelsentrum in KZN

# eThekwini-munisipaliteit sê ʼn uiteenlopende groep plaaslike kunstenaars en kleinsakeondernemings het by die Galleria-opwipmark begin handeldryf. Dis ʼn openbaar-privaat samewerkingspoging tussen eThekwini en die Galleria-winkelsentrum wat daarop gemik is om kleinsakeondernemings te ondersteun deur sigbaarheid en marktoegang. Vanjaar se mark spog met meer as 12 plaaslike entrepreneurs, en bied alles van rottangmandjies en Afrika-uitrustings en sakke, tot artikels van herwinde plastiek. Die munisipaliteit sê tydens verlede jaar se oefenlopie het tien kleinsakeondernemings saam sowat 350-duisend-rand wins gemaak.