# Die prys van 93- en 95-oktaan petrol daal om middernag met 28-sent per liter. Die prys het verlede maand met 52-sent gestyg. Die slegte nuus is egter dat die dieselprys met tot 65-sent per liter styg. Dit volg op die verhoging van 82-sent per liter verlede maand. Die prys van lampolie verhoog met 43-sent per liter. Vloeibare gas se prys daal met 78-sent per kilogram in die Wes-Kaap en 69-sent in die res van die land.
Petrolprys daal om middernag, maar dieselprys verhoog weer