# Amper twee derdes van Suid-Afrikaanse pendelaars sal treine kies as dienste veilig en betroubaar is. Die nuutste pendelaarverslag in ‘n opname deur die Universiteit van Kaapstad het bevind bevind 59-persent van privaat motorgebruikers en 62-persent van taxi- en buspendelaars sal na spoorvervoer oorskakel. Volgens Statistiek SA se 2025 huishoudelike opname, gebruik net 0,6-persent pendelaars tans treine. Veiligheid bly ‘n groot bekommernis, met 41-persent van openbare vervoergebruikers wat vir hul persoonlike veiligheid vrees. Stygende vervoerkoste plaas ook toenemende finansiële druk op pendelaars.
Peiling toon meeste pendelaars in die land sal van treindienste gebruik maak as dit veilig en betroubaar is