# ‘n Finale jaar BCom Ekonomiestudent aan die Universiteit van Fort Hare, Katleho Mphutlane, sê sy onlangse besoek aan Amerika het sy toewyding aan jeugbemagtiging versterk. Die 27-jarige was deel van ‘n akademiese program van die Universiteit van Washington. Hy het ook onlangs die gesogte Alumni Engagement Innovation Fund-toelae van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake ingepalm, saam met Paseka Gaola, vir hulle organisasie sonder winsbejag, Incremental Education. Mphutlane sê hy word aangevuur deur die geloof dat diens die mag het om lewens te verander.
Passie vir gemeenskapsdiens neem Fort Hare-student na Amerika