Skip to content

Parlementêre komitee verwelkom Eskom se hersiene waterbestuursplanne vir Kusile-kragstasie

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Elektrisiteit en Energie verwelkom Eskom se hersiene waterbestuursplanne en beter watermoniteringstelsels vir die Kusile-kragstasie in Mpumalanga. Die komitee het die naweek ‘n oorsigbesoek aan die aanleg gebring ná die Appèlhof se uitspraak in Augustus, waarin Eskom en die betrokke staatsreguleerders gelas is om besoedelings- en nakomingsprobleme reg te stel. Voorsitter Zamakhanyase Khanyase sê die kragvoorsiener se aangepaste plan kyk na moontlike bronne van besoedeling en versterk die monitering van watergehalte.